ACROBAT READER







Hoeveel kos dit om 'n eis te bereken? En wanneer moet ek betaal?
Die koste om die eis te bereken en 'n verslag te lewer hang af van hoeveel tyd wat ons op elke geval bestee. Hoe meer inligting u dus aan ons verskaf, en hoe minder inligting ons self moet naspoor - hoe laer die koste van die berekening en verslag.
Indien u die eksekuteur van die boedel is en u stuur 'n Likwidasie- en Distrubusierekening (L&D) saam, sal ons gewoonlik ons verslag aan u stuur sonder voorafbetaling. U reël dan dat ons fooi uit die boedel betaal word, sodra daar fondse beskikbaar is.
Indien u 'n regspraktisyn (prokureur of advokaat) in 'n regspraktyk is of 'n praktiserende rekenmeester is en die verslag namens `n kliënt aanvra, kan u die rekening waarborg. Ons sal dan krediet verleen en u reël so vinnig moontlik vir betaling, na ons die verslag gelewer het.
Indien u nie in een van die bogenoemde kategorieë val nie, stel ons voor dat u die eksekuteur versoek om 'n onderhoudseis namens u aan te vra. Ek lewer dan my rekening aan die boedel. Die eksekuteur het egter geen verpligting om dit te doen nie en u het dan geen alternatief as om die verslag self aan te vra nie. In so 'n geval verwag ons dat u ons betaal voor ons die verslag lewer.
U gee dan gewoonweg die inligting deur na ons. Ons sal dit dan bestudeer en op versoek 'n fooi kwoteer, wat 'n minimum betaling verteenwoordig. Ons kwoteer die fooi so realisties as moontlik en u besluit dan of u wil voortgaan of nie. As daar nie verrassings uitspring nie, en dit gebeur baie min, is die fooi dan ook u totale rekening.
NUTTIG
RIGLYNE
• Riglyne vir eise ten opsigte
van `n Langslewende Gade
• Riglyne vir eise ten opsigte van
Minderjariges en Geskeide Gades
Opdragvorm 1 - Langslewende Gade
DOKUMENTASIE
Opdragvorm 2 - Minderjariges en Geskeide Gade
Die Wet