Riglyne vir eise ten opsigte van `n Langslewende Gade

Die onderstaande items word normaalweg benodig om `n eis kragtens Die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades te kan bereken. Die riglyne is ook grootliks van toepassing op sommige minderjariges se eise, waar daar nie n bestaande onderhoudseis op die datum van dood was nie.

Klik hier indien n eis benodig word vir n geskeide gade en/of minderjariges vir wie daar reeds voor die oorledene se dood onderhoud betaal is.

Die riglyne dek nie alle gevalle nie, daar is dikwels ook ander omstandighede wat ook in ag geneem moet word, maar dit is nie prakties om dit hier uit te spel nie. Lees asseblief veral die laaste paragraaf oor kern-aspekte deeglik en oorweeg of daar nie ander relevante inligting is nie.

Oorledene se besonderhede
1.Volle name en van.
2.Geboortedatum.
3.Datum van dood.
4.Salaris en ander inkomste, beroep, werkgewer. Dit is baie belangrike inligting, verskaf dit asseblief in alle beskikbare detail. Wat is die bruto inkomste, wat is die netto, die sogenaamde "take-home pay"?

Indien die oorledene selfbesoldigd was moet daar verkieslik ook finansiële state gegee word, plus voordele wat die gesin uit die besigheid gekry het bo en behalwe die take-home pay”, wat verstrek moet word.

Eisers(s).
5.Gee n duidelike aanduiding vir wie se onderhoud daar geëis word. Ook elke eiser se verwantskap met die oorledene. Is dit die langslewende gade? Het sy minderjarige afhanklikes? Is hulle die oorledene se kinders? Of word daar slegs vir minderjariges geëis beskryf dan die rede en omstandighede.

Langslewende Gade en/of Ouer of Voog van Minderjariges.
6.Naam, van en nooiensvan.
7.Geboortedatum.
8.Gesondheidstoestand, indien nie normaal nie.
9.Huweliksdatum. Hoe getroud (Binne of buite gemeenskap van goedere? Indien buite gemeenskap, is dit met of sonder n aanwasbedeling? Wat is die effek van enige aanwasbedeling op die boedel?).
10.Salaris en ander inkomste (asook beroep en werkgewer) (Bruto en netto na aftrekkings).
11.Soos in 10, maar tydens (net voor) die oorledene se dood.
12.Die bates van die langslewende gade, uitgesluit die wat uit die boedel geërf word. Bankrekeninge, beleggings, besighede, eiendom, ens. (Die billike markwaarde, netto van skuld).

Minderjariges
13.Name en geboortedatums
14.Gesondheidstoestand, indien nie normaal nie.
15.Skoolstanderd. (Belangrik as dit nie die langslewende gade se kind is nie en daar dus n aparte eis vir die minderjarige benodig word.)

Algemeen
16.Afskrif van die testament (of minstens besonderhede van die legate, erfgename en verdeling).
17.Waar het die oorledene en gade gewoon? (Aan wie het die eiendom behoort?) Waar bly die eiser(s) nou?
18.Watter voordele word buite die oorledene se boedel aan die langslewende gade en minderjariges betaal? (Pensioenfonds, polisse of ander.) Dit is baie belangrik, indien pensioenfonds-inligting byvoorbeeld nog nie bekend is en `n goeie raming is ook nie beskikbaar nie, moet die eis verkieslik oorgehou word.
19.Het die oorledene onderhoud betaal ten opsigte van n geskeide gade of kinders? (Verskaf asseblief besonderhede.)
20.Was die oorledene se afhanklikes lid van n mediese fonds? Hoe het dit verander as gevolg van sy/haar dood? Watter maandelikse premies is en word betaal?
21.Konsep Likwidasie en Distribusierekening. Indien dit nog nie beskikbaar is nie, ‘n lys van die oorledene se belangrikste bates en laste en n raming van die netto bedrag van die boedel.

22.Kern-aspekte
Die uitgangspunt van die berekening is om die waarde van die onderhoud wat die eiser/ eiseres verloor as gevolg van die oorledene se dood te bepaal. Dit sentreer om die volgende kern-aspekte :

Die inkomste van beide lede van die gesin voor die dood van die oorledene.
Die omstandighede en lewensstandaard van die gesin (veral wat items soos behuising, mediese voorsiening, ens. betref).
Die omstandighede van die eiser(s). (Bates, inkomste, behuising, medies, ens.)

Sonder goeie inligting oor hierdie drie kern-aspekte is dit nie moontlik om `n eis te bereken nie. Verskaf asseblief alle moontlike relevante inligting om hierdie kern-aspekte volledig te dek.

23.Beskryf ook enige ander omstandighede wat die eis kan beïnvloed.



Dankie dat u die eis na ons verwys!

ACROBAT READER
Afrikaans
English
Kontak Ons
TUIS
SCHEFFLER AKTUARIEEL
KWELVRAE
WENKE
KOSTES
KONTAK ONS
Laai die Adobe Acrobat Reader hier af
RIGLYNE

•  Riglyne vir eise ten opsigte
van `n Langslewende Gade








•  Riglyne vir eise ten opsigte van
Minderjariges en Geskeide Gades

RIGLYNE
RIGLYNE
VORM 1
VORM 1
VORM 2
VORM 2
Opdragvorm 1 - Langslewende Gade
DOKUMENTASIE
Die Wet