





Riglyne vir eise ten opsigte van `n Minderjarige of Geskeide Gade
Die onderstaande items word normaalweg benodig om 'n eis vir 'n geskeide gade of minderjariges aan wie die oorledene onderhoud betaal het voor sy/haar dood.
Klik hier indien n eis benodig word vir n Langslewende Gade volgens die Wet op Langslewende Gades.
Die riglyne dek nie alle gevalle nie, daar is dikwels ook ander omstandighede wat ook in ag geneem moet word, maar dit is nie prakties om dit hier uit te spel nie. Lees asseblief veral die laaste paragraaf oor kern-aspekte deeglik en oorweeg of daar nie ander relevante inligting is nie.
Oorledene se besonderhede
1.Oorledene se besonderhede
a.Volle name en van.
b.Geboortedatum.
c.Datum van dood.
d.Salaris en ander inkomste (asook beroep en werkgewer) (Bruto en netto na aftrekkings).
2.Langslewende gade se besonderhede
a.Naam, nooiensvan en geboortedatum.
b.Gesondheidstoestand, indien nie normaal nie.
c.Huweliksdatum en hoe getroud. (Binne of buite gemeenskap van goedere? Indien per aanwasbedeling getroud, die implikasie daarvan).
d.Salaris en ander inkomste (asook beroep en werkgewer) (Bruto en netto na aftrekkings). Beide voor en na die oorledene se dood.
e.Die bates van die langslewende gade, uitgesluit die wat uit die boedel geërf word. Bankrekeninge, beleggings, besighede, eiendom, ens. (Die billike markwaarde, netto van skuld.)
3.Minderjariges
a.Name en geboortedatums.
b.Gesondheidstoestand, indien nie normaal nie.
c.Skoolstanderd. (Normaalweg nie baie belangrik nie)
4.Algemeen
a.Afskrif van die testament (of besonderhede van die erfgename en verdeling).
b.Waar het die oorledene en gade gebly? (Aan wie het die eiendom behoort?) Waar bly die langslewende gade nou?
c.Watter voordele word buite die oorledene se boedel aan die langslewende gade en minderjariges betaal? (Pensioenfonds, polisse of ander.) Dit is baie belangrik, indien pensioenfonds-inligting byvoorbeeld nog nie bekend is en `n goeie raming is ook nie beskikbaar nie, moet die eis verkieslik oorgehou word.
d.Het die oorledene onderhoud betaal ten opsigte van n geskeide gade of kinders?
e.(Verskaf asseblief besonderhede.)
f.Was die oorledene se afhanklikes lid van ‘n mediese fonds? Hoe het dit verander as gevolg van sy/haar dood? Watter maandelikse premies is en word betaal?
g.Konsep Likwidasie en Distribusierekening. Indien dit nog nie beskikbaar is nie, n lys van die oorledene se belangrikste bates en laste en n raming van die netto bedrag van die boedel. (‘n Raming is voldoende)
5.Kern-aspekte
Die uitgangspunt van die berekening is om die waarde van die onderhoud wat die eiseres verloor as gevolg van die oorledene se dood te bepaal. Dit sentreer om die volgende kern-aspekte :
• Die inkomste van beide lede van die egpaar voor die dood van die oorledene.
• Die omstandighede en lewensstandaard van die egpaar (veral wat items soos behuising, mediese voorsiening, ens. Betref).
• Die omstandighede van die nagelate gade (bates, inkomste, behuising, medies, ens.)
Sonder goeie inligting oor hierdie drie kern-aspekte is dit nie moontlik om `n eis te bereken nie.
ACROBAT READER
RIGLYNE
• Riglyne vir eise ten opsigte
van `n Langslewende Gade
• Riglyne vir eise ten opsigte van
Minderjariges en Geskeide Gades
DOKUMENTASIE
Opdragvorm 2 - Minderjariges en Geskeide Gade
Die Wet