ACROBAT READER







Wie en wat is Scheffler Aktuarieel?
Scheffler Aktuarieel is `n onafhanklike aktuariële firma wat spesialiseer in die formulering van onderhoudseise teen bestorwe boedels.
Omdat ons op onderhoudseise konsentreer, aanvaar ons ongelukkig nie opdragte vir byvoorbeeld MVA-eise of pensioenfondswerk nie. Ons het meer as 25 jaar se praktiese ervaring in die opstel van onderhoudseise.
Die formulering van onderhoudseise is `n baie praktiese wetenskap. Minderjariges se eise word nie deur 'n wet gereguleer nie, dit word volgens gemeneregbeginsels opgestel.
Vir langslewende gades se eise is daar wel `n Wet. Hierde Wet beslaan net twee bladsye en gee min leiding oor hoe `n eis bereken moet word. Dit spesifiseer hoofsaaklik net wat in aanmerking geneem moet word. Daar is dus heelwat ruimte vir professionele oordeel. Met ons jarelange ondervinding van letterlik honderde eise is ons, as spesialiste in hierdie veld, in die ideale posisie om in enige omstandighede `n billike eis te kan opstel en motiveer.
Ons bereken nie bloot die bedrag van eise nie, maar kontroleer dat die inligting wat ons ontvang steekhoudend en sinvol is. Daarna skryf ons `n verslag met behoorlike motivering vir wat ons aanbeveel.
NUTTIG
RIGLYNE
• Riglyne vir eise ten opsigte
van `n Langslewende Gade
• Riglyne vir eise ten opsigte van
Minderjariges en Geskeide Gades
Opdragvorm 1 - Langslewende Gade
DOKUMENTASIE
Opdragvorm 2 - Minderjariges en Geskeide Gade
Die Wet